Luister: Stigmas rondom alkoholmisbruik, verslawing

“Ons moenie moed opgee op mense wat alkoholprobleme ervaar nie. Ons moet eerder kennis en die hulp van professionele persone inroep wat daardie mense op hulle pad na genesing kan bystaan.”

Dit is Willie Pienaar se pleidooi aan die gemeenskap wanneer dit oor die hantering van alkoholprobleme gaan. Hy pleit verder dat die gemeenskap nie sal swyg wanneer hulle agterkom dat ʼn persoon besig is om ʼn ongesonde verhouding met alkohol te kry nie.

Volgens Willie is alkoholmisbruik eintlik soos enige ander siekte, en dit is oorkombaar. “Daar is ʼn oorsaak, nagevolge en behandelingsprogramme om die siekte gesond te maak. Jy moet net weet waar en by wie om om hulp aan te klop.”

In die volgende aflewering van Maroela Media se podsendingreeks oor alkoholmisbruik gesels Willie oor vroeë waarskuwingstekens wat daarop dui dat iemand op pad na alkoholmisbruik en verslawing is.

Die reeks is gegrond op Pienaar se boek, Sober: ʼn Praktiese gids na vryheid van verslawing, wat deur Luca, ʼn druknaam van Lapa Uitgewers, uitgegee is.

  • Luister boaan na die sesde episode van Maroela Media se podsendingreeks oor alkoholmisbruik.
  • Luister na vorige episodes in die reeks hier.
  • Sober kos R240 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek by Graffiti Boeke aan te skaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.