Luister: Vermeulen se jeugroman ʼn kragtoer oor grootword


jan-vermeulen

Jan Vermeulen. Foto: Jacojacobs.blogspot.co.za.

Jan Vermeulen het verlede jaar Lapa Uitgewers se Jeugromankompetisie gewen en met goeie reg. Asem is ʼn aangrypende verhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. Die verhaal onderskat ook nie die leser met maklike antwoorde nie.

Vermeulen ken tieners en hy weet hoe hulle koppe werk. Dit is dié dat hy gevoel het hy moet ʼn boek soos Asem skryf wat fokus op ʼn gesin se onderlinge verhouding. “Ek hoop lesers besef dat daar nie iets soos ʼn volmaakte persoon of gesin is nie en dat geen mens ooit nét sleg of goed is nie. Dikwels verstaan ʼn mens ʼn persoon se dade beter as jy die mens agter die persoon beter leer ken,” verduidelik Vermeulen.

Sy grootste wens is egter dat ʼn verhaal soos Asem ook hoop sal bring. “Ek glo altyd in hoop. Iemand het al gesê ek is net te positief, maar ek glo nie in opgee nie en dit is wat ek in hierdie verhaal wou inskryf. Ek wil vir mense sê daar is altyd hoop, al is dit net ʼn klein stroompie, daardie bietjie hoop kan ʼn mens altyd weer êrens beter uitbring.”

jan-vermeulen-se-asem

Jan Vermeulen se jongste jeugroman ‘Asem’ is ‘n grootwordverhaal wat kwessies soos verslawing en tweede kanse aanspreek. Foto: Lapa Uitgewers.

Asem is beslis net vir ouer tieners bedoel en hoort op elke moeilike tiener se boekrak. Ouers sal die verhaal waarskynlik nóg beter verstaan en tieners gaan eendag, as hulle ouers is, hierdie boek weer wil optel en afstof om te lees.

  • Esté Meyer Jansen het met Jan Vermeulen vanuit Despatch in die Oos-Kaap gesels. Luister na die podsending bo aan die berig om uit te vind waarom Vermeulen so graag jeugverhale skryf en wie die skrywer is waarmee hy die graagste sou wou gesels.
  • Vermeulen se jeugroman Asem kan direk by Lapa Uitgewers bestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.