Maar Tintin in Tibet

imagesdeur Annelie Ferreira

Dis net heeltemal way out buite die kwessie dat jou dominee-pa by jou flat opdaag en sê jy moet saam met hom Beaufort-Wes toe ry omdat ʼn messias daar gesien is. Of liewer, normaalweg is dit. Maar as jy pas jou Golfie agter in ʼn karretjie van die Jack en Jill Driving School vasgery het en jou girlfriend kom daarna met die storie dat julle nie meer die naweek alleen Struisbaai toe gaan nie… dan, ja… Dan klim jy maar in jou pa se ou Merc in, luister maar na Radio Kansel en sy gemoun oor wat alles fout is met die land en wag geduldig dat die selfoon in jou sak vibreer met ʼn sms van jou girlfriend.
Die ding is net dat jy dan ook agterkom dat dinge baie vinnig baie ingewikkeld kan raak. Jy kom byvoorbeeld agter jou pa het ʼn pistool in die cubbyhole, dat jou doodgoeie ma – ʼn predikantsvrou – uithang met ʼn vrou wat nie ʼn bra dra nie, jou girlfriend vir ʼn ruk wil wegkom van alles, veral van jou, en dat die messias waarna jy en jou pa op pad is – wag hiervoor – ʼn swart seun is.
Hop op. Die trip op die N1 van Stellenbosch na Beaufort-Wes was nog nooit so weird and wonderful soos dié een saam met Annelie Ferreira nie. Dit is soos om van die betaalfoon van ʼn B&B op Laingsburg in die donker in te bel en… by jouself uit te kom. En in die middel van nêrens, kom jy agter, sien jy óf jou gat, óf ʼn wonderwerk.

Oor die outeur:
Ná ʼn BA diploma in Vertaling aan die Universiteit Stellenbosch het Annelie as taalpraktisyn en subredakteur by Sanlam se Taaldienskantoor en Human & Rousseau uitgewers gewerk. Daarna volg sy deeltydse- en vryskutwerk vir ʼn verskeidenheid uitgewers en publikasies. Sy publiseer ʼn aantal nie-fiksieboeke, onder meer Daar’s ʼn mens binne, Die dag toe ons God gevang het en Eva ontmoet Einstein, asook die roman Hoekom honde nie kan sing nie. Sy was die samesteller van Paaie, ʼn boek oor verskillende godsdiensperspektiewe. Sy is getroud, het twee dogters en bly in Bristol, Engeland, waar haar man as aktuaris werk. Sy kom gereeld terug na hul huis in Durbanville.

Uitgewer:Tafelberg
prys: R175-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.