Maar wie snoei die rose in die nag?

Maar wie snoei die rose in die nagdeur Abraham H. de Vries

Hoe stil kan ʼn Karoodorp word hierdie tyd van die aand, met ʼn stilte wat ʼn mens laat dink jy hoor die huise, die strate, die bome en die leiwater; die hele dorp en die berg vertel wat vandag gebeur het en oujare gelede, geslagte lank al.
In ʼn vertroude vertellerstem, ʼn stem wat byna uniek is in Afrikaans, word die leser herinner aan die verstrengelheid van die magiese en aardse van ons lewens. Die verhale gaan onder meer oor spoke en vendusies, oor ʼn nuwe lig op die bekende Stanley de Wit se ster teen die berg, oor die verteller se onpaar ooms, ʼn vreemde begrafnis, die rol van toeval. Daar is die herkenbare maar ook die misterieuse. Verhale van hartseer en humor, lokkende geheime, vreemde karakters, triekster -elemente.

Oor die outeur:
Abraham de Vries het reeds kortverhaalbundels sedert sy debuut in 1956 gepubliseer. Hy is ook bekend as kontreiverhaalskrywer (die “plaaswinkelstories” uit die klein Karoo), kenner van die kortverhaal en as samesteller, o.m. van die belangrike Die Afrikaanse kortverhaalboek. Sy werk is reeds met verskeie pryse vereer; onder meer is die bundel Tot verhaal kom bekroon met die RAU Prys vir Skeppende Werk (nou die UJ- Prys); en het De Vries ook in 2010 ʼn SALA-toekenning ontvang vir sy lewenslange bydrae tot die letterkunde, en in 2012 die Absa KKNK se Afrikaans Onbeperk-toekenning vir lewensbydrae. De Vries woon in Kaapstad.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R160-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

elmarie ·

Enige een (veral formaatskrywer soos De Vries) wat die mooie Karoo met woorde in foto’s kan omskep, is die moeite werd om gelees te word. En as dit in Afrikaans is..! Wat meer wil ‘n leesliefhebber hê?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.