Mal oor mosaïek

Samestelling

Mal oor mosaïek is ’n samestelling van unieke projekte van Suid-Afrika se gewildste mosaïekkunstenaars en sluit onder andere projekte van Glacermo, Seedpod Studio, Mosaic Works, Mosaic Arts, Dish, D’lish, Icreate, Polkadot asook kunstenaars soos Ira Bekker en Karin Wainwright in.

Dié pragboek bied ’n wye spektrum uiteenlopende idees, inspirasies en tegnieke aan die handwerk-entoesias. ’n Verskeidenheid werkswyses word bekendgestel en die projekte wissel van baie eenvoudig tot meer ingewikkeld.

Mal oor mosaïek fokus op vinnige, klein projekte waarvan sommige binne ’n paar uur voltooi kan word. Die projekte het duidelike stap-vir-stap-aanwysings en foto’s en sluit onder meer ’n teepot, notabord, melkkan, driedimensionele toneel, spieëlhart, smalti-kat en selfs hoëhak-skoene in.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R110,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.