Mankepank en ander verse

Antjie Krog

’n Keur van net meer as dertig nuwe, sowel as voorheen gepubliseerde verse deur wêreldbekende digter en skrywer Antjie Krog. Mankepank en ander monsters het oorspronklik in 1985 verskyn (met illustrasies deur Hannetjie de Clercq). Al 21 gedigte is weer hier opgeneem, tesame met ‘n aantal voorheen ongepubliseerde verse. Hier is feetjies, monsters, spoke, en ‘n reus; vreemde omies, Antjie Somers en die tokkelos.

In Diek Grobler se illustrasies is daar ‘n wisselende mate van realisme en fantasie, soos wat elke gedig dit vereis. Diek Grobler en vennoot Charles Badenhorst se animasiereeks Uit die Bloute word sedert 2010 op kykNET gesien. Hulle werk is plaaslik bekroon met ‘n SAFTA en in die buiteland by die beroemde KROK Internasionale Animasie Fees.

Oor die outeur
Antjie Krog is in Kroonstad gebore en het op ‘n plaas in die Vrystaat grootgeword. Sy het altesaam 13 digbundels gepubliseer, asook drie bundels vir kinders. Country of my skull het in 1998 verskyn en is met o.a. die Alan Paton en Olive Schreiner-pryse bekroon. Hierna verskyn A Change of Tongue (2003) en Begging to be Black (2009). Haar mees onlangse digbundels is Verweerskrif en Fynbosfeetjies. Sy is getroud met die argitek John Samuel.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R170*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.