Martie en haar ouma

deur Tine Mortier

Martie is ’n ongeduldige, woelige kind.
Alles moet sommer dadelik gebeur. Nou! Dadelik!
Haar ouma is net soos sy en dié twee verstaan mekaar goed. Op ’n dag word Ouma siek en sy kan haar woorde nie meer vind nie. Die grootmense behandel die siek vrou asof sy ’n kind is, maar vir Martie is sy steeds die kragtige, pragtige ouma wat net sy verstaan.
’n Ontroerende storie en ’n wondermooi prenteboek vir jonk en oud.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R100-00*
prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.