Meer as een grens

47724387_0_Img2deur Connie Luyt

In dié liefdesverhaal dra Ben nog swaar aan sy ervaringe in die grensoorlog, en hy glo hy en Alexa het die ideale verhouding: Nie een vra uit oor die ander se verlede nie. Dan daag ʼn ou weermagkennis van Ben skielik op en Alexa verdwyn sonder enige waarskuwing. Meer as een grens ondersoek die nadraai van die Grensoorlog en die skaduwêreld van militêre intelligensie.

In Meer as een grens is die menslikheid en warmte van die vertellerstem opvallend.

Oor die outeur:
Connie Luyt is die skrywer van etlike romans, onder meer Lang Skaduwees in Afrika en Reën oor die Serengeti. Albei is vir die ATKV-prys vir ʼn liefdesroman benoem en ook in Nederlands vertaal. Sy het eers in die jare negentig begin skryf vir publikasie en het sewe boeke, verskeie kortverhale en artikels in tydskrifte op haar kerfstok.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R195-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.