Meerminliefde

Lizet Engelbrecht

René is ’n vrou met ’n humeur. Veral as iemand ’n dier wil skade aandoen, vlam sy goed op, nes haar vlamrooi hare. Haar nuwe buurman laat haar ook met die eerste oogopslag oorkook – en nié van vreugde nie.

Wanneer sy boonop uitvind dat dierewelsyn nie boaan sy agenda staan nie, is die hel los. Kobus maak allerlei nare herinnerings by haar wakker en sy wil niks van hom weet nie – nogal moeilik, aangesien hy die hoofhuis langs haar kothuis huur . . .

En dan’s daar haar vriendin Mandie, heeltemal te nuuskierig en kupido-agtig – om nie van haar verlore kat en uitdagende omgewingsbewaringwerk te praat nie. Gaan René en Kobus mekaar vir ewig aangluur oor die meermin-spuitfontein in hul gedeelde oprit? Of kan haar wulpse invloed ’n ander soort vlam tussen die twee aansteek?

Oor die outeur
Lizet Engelbrecht en haar man het tot einde 2008 in Lusaka gewoon, waar sy streeksbestuurder van Pep Stores was. Hulle het in 2009 teruggekeer na Suid-Afrika en woon tans op Darling.

Uitgewer: Tafelberg, Satyn
Prys: R89,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.