Merke, gereed, maak! Meer as 300 handwerkidees vir klein handjies (en grotes)

Pia Pedevilla
Vertaler: Amelia de Vaal

Merke, gereed, maak! In hierdie boek word nie net tradisionele kunsmateriaal nie, maar sommer ook niksbeduidende weggooigoed ingespan om pragtige geskenke en kreatiewe huisversierings te maak. Daar’s genoeg verskeidenheid om bedrewe handwerkers én entoesiastiese nuwelinge se aandag te hou – en al die projekte kan aangepas word om by jou eie kreatiwiteit, vaardigheid, smaak en sak te pas.

Stap-vir-stap-aanwysings met duidelike foto’s, slim variasievoorstelle en handige handwerkwenke maak dit die ideale boek om vakansieverveling hok te slaan – of opnuut die kunstenaar in jou wakker te maak. Boonop bied die “7×7-blitsgids” jou hope idees oor hoe om in ’n japtrap die ideale geskenk of mooimaakding vir ’n vriendin, familielid of jouself op te tower.

Oor die outeur
Pia Pedevilla het kuns en bedryfskuns studeer en was vir baie jare kuns- en tegniese tekene-onderwyser. Deesdae is sy voltyds by die skryf, illustreer en ontwerp van handwerkboeke betrokke, en ontwerp en maak sy ook speelgoed.

Uitgewer: Protea
Prys: R165-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.