My model: Fleurig en fraai

Screen Shot 2013-10-29 at 2.39.45 PM‘n Video wat jou meer vertel van die boekie volg onderaan die berig. Daar is reeds meer as 1.5 miljoen boeke in die reeks wêreldwyd verkoop in 25 verskillende lande! Hierdie reeks is ‘n wegholsukses.

Ontwerp jou eie fleurige en fraai klereversameling! Kies jou materiaal uit die patroonpapier, plaas die stensil daarop en trek die buitelyne van die kledingstuk van jou keuse af. Sny dit uit en plak dit op jou model. Jy kan haar dan inkleur en plakkers byvoeg om jou supermodel se uitrusting perfek af te rond!

Sluit drie bladsye met stensils, 16 bladsye patroonpapier, 32 modelle en 1 bladsy met plakkers in.

Dit is lekker modepret vir meisies bo 7 jaar oud!

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R74-95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.