Moemin en die maanlig-avonture

Tove Jansson

 

Moemin is terug in Afrikaans! Joegaai! Sedert die Tv-reeks in die 1990’s uitgesaai is, is Moemin ‘n geliefde vriend vir vele en sy avonture het die verbeelding behoorlik aangegryp. En wie kan nie die aansteeklike kenwysie saamsing nie?

Dit het dae aaneen gereën, maar vandag skyn die son weer en Moemin is baie opgewonde: “Jippie! Dis ‘n lekker dag vir ‘n avontuur!” Moemin, Moepappa, Moemamma, Moemei en Mymy gaan vandag na die Eensame Eiland seil om ‘n skat te gaan soek!
Maar Moemei kan nie besluit wat om aan te trek nie. En Moepappa moet eers besluit watter hoed om te dra.
Moemamma en Mymy wil eers bessiepastei bak…Wanneer almal uiteindelik reg is, is dit al nag. Sal hulle die skat in die maanlig kry?

Oor die outeur:
Tove Jansson is gebore in Helsinki, Finland. Die eerste Moemin verhaal The Moomins and the great flood verskyn in 1945. Janssonis steeds een van Finland se bekendste en mees gewildste skrywers en die Moemin-handelsmerk is een van Finland se belangrikste uitvoerprodukte! Daar bestaan selfs ‘n museum vir die karakters in Tampere en in Moemin-pretpark, Moomin World, in Naantali. Die Moemin verhale is reeds in 34 tale vertaal en verwerk vir Tv, radio, films en selfs opera.
In 1966 ontvang Jansson die Hans Christian Anderson-prys vir haar bydrae tot kinderliteratuur. Haar werk word vergelyk met die van J.R.R Tolkien en Lewis Carroll.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prya: R115-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.