Moer toe die vreemde in

C. Johan Bakkes

Of dit nou gaan oor sy ervaring as gids in die Visrivierskeurvallei in Namibië, sy ekspedisies na Kilimandjaro, sy besoek aan Timboektoe, of sy ander reise deur Afrika … Johan Bakkes is ’n gebore storieverteller wat weet hoe om sy lesers mee te voer, hulle saam te neem na al die wonderlike plekke wat hy self al besoek het. Soos hy dit self stel: “Ek is nie slim genoeg om strontstorietjies uit te dink nie – alles wat hier staan, is die reine waarheid, gesien deur my eie oë. Dis hoe dit moet wees, want dis die lewe …”

’n Móét vir die avontuurlustige leser.

Oor die outeur
Casparus Johan Bakkes is op 21 Oktober 1956 op Stellenbosch gebore. Hy het grootgeword op Saldanhabaai aan die Weskus en dit is blykbaar waar sy liefde vir avontuur, reis en die natuur begin het. Hy matrikuleer aan Afrikaans Hoër Seunskool en ná RGN-opnames van die hoogsbestaalde professies besluit hy om ’n geoktrooieerde rekenmeester en ouditeur te word. Daarna was hy verbonde aan Unisa en tans is hy professor in bestuursrekeningkunde aan die Universiteit van die Wes-Kaap en woon in die Paarl.

Hy is die die seun van skrywer Margaret Bakkes en historikus Cas Bakkes. Skrywer Christiaan Bakkes is sy broer. Daar het reeds drie bundels oor sy talle reise en buitengewone ervarings verskyn: Moer toe die vreemde in, Nou’s ons in ons donner in en Norrevøk.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R147,50*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.