Monument

deur Maretha Maartens

Margo Diederichs kom op die Vrystaatse dorp Winburg vrede maak met haar ma wie se stryd sy nooit verstaan het nie. Vier jaar lank het Margo gaan heel word in Israel, maar nou moet sy die kompleksiteit van haar herkoms en identiteit uittoring.

Haar besoek raak ʼn ontdekkingstog deur die dorp se verlede en haar familie se verbintenisse daarmee. Sy kyk saam met die vroue van 1901 in die naghemel op na die Groot Komeet met die V in sy stert en verken ʼn bywonderstentedorp ná die Anglo-Boereoorlog. Die liefde en haat, die geloof en die diepste geheime van vier geslagte voormoeders kom aan die lig in die Winburgse huis waarvoor die aartsengelhond Michael snags waak. Margo stol voor die monument wat haar ma se buurvrou en dié seuns ná ʼn plaasmoord gebou het, en sy hoor die hart van haar ma se oppasster, wie se  grootjie in ʼn swart konsentrasiekamp. Ook daar sien Margo monumente.

ʼn Man wat haar aan Kipling se alleenkat herinner, veroorsaak dat haar besluit oor waar sy hoort – in die land van haar voorouers of in Israel by haar geliefde Yachin?- nie meer so eenvoudig nie.

Oor die outeur:
Maretha Maartens is in 1945 in Bloemfontein gebore. Sy word groot op Jacobsdal en Petrusburg en studeer aan die Universiteite van die Vrystaat en Stellenbosch. Haar man, Hennie, is ʼn predikant en hulle woon tans in Bloemfontein. Maretha was van 1998-2000 redakteur van die tydskrif Finesse. Sy het omtrent 90 boeke geskryf – romans, liefdesverhale, kinder-,jeug-en tienerboeke, godsdiensboeke en –dagboeke. Maretha is vier keer met die Sanlamprys vir jeuglektuur bekroon vir onder meet Die sakmense en Plek van die dolfyne. Haar opspraakwekkende tienerroman ʼn Pot vol winter is in 1989 met die Andrew Murray –toekenning bekroon en haar roman Jacoba Afrikaner was in 2001 op die kortlys van die Sanlam romanwedstryd.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R210-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.