Moord in die beloofde land

François Bloemhof

‘n Spanningsvolle roman oor ‘n man in wie ‘n onbekende mag stadig die oorhand kry. Die verhaal wentel rondom Samuel wat as seun reeds kennis maak met die donker sy van die lewe. Sy inisiasies in die grootmenswêreld (liefde, seks, die “reëls” van die ou Suid-Afrika, joernalistiek) van die 1970’s tot die 1990’s, is vervleg met sy obsessie met die skêrmoordenares Marlene Lehnberg. ‘n Boeiende intrigerende roman – die skrywer kry dit goed reg om die tydsgees en die manier waarop onskuld geleidelik verdwyn, oor te dra.

Oor die outeur:
François Bloemhof is die skrywer van meer as 40 boeke vir die volwasse, tiener- en jeugmarkte. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon, insluitend vir sy eerste roman, Die nag het net een oog. Van sy pryse sluit etlike ATKV-Veertjies in, waar lesers self hul wenboeke aanwys. Hy het ook reeds bundels vir verskeie uitgewers saamgestel. Daarbenewens het hy sukses behaal met die skryf van tekste vir die verhoog (‘n kabaret en tienerstuk) en radio (dramas en ‘n vervolgverhaal). Hy is ‘n vryskut-taalpraktisyn, -kopieskrywer, -resensent en -joernalis. Hy was ook al verhaleredakteur vir die tydskrif Sarie en boekeredakteur by Die Burger. Hy woon in Durbanville.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R199-95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.