Mosaïek: Jou volledige gids

deur Karin Wainwright

Hordes mense word meegesleur deur die wêreldwye mosaïekkoors, maar min boeke bied nuttige inligting en wenke asook die tipiese slaggate waarin jy kan trap. Baie inligting oor die internet is algemeen en onduidelik en min hou die Suid-Afrikaanse kunstenaar in gedagte.

Met hierdie boek deel Karin Wainwright al die geheime van die mosaïekkuns. Sy bied 25 stap-vir-stap unieke en besonderse projekte met hope wenke en nuttige inligting. Die projekte kan vir die huis of as geskenke gemaak word en sluit onder meer ʼn strykyster, babaskoene, eksotiese teeliggies, klippiesplaveiselblok en stapklippe vir jou tuin in.

Hier is ʼn projek vir ieder en elk- of jy nou gesout of ʼn groentjie is!

Oor die outeur:
Karin Wainwright is ʼn musiekkunstenaar wat in die Kaapse wynlande woon en werk. Sy maak mosaïek en bedryf ʼn werkende mosaïekateljee nou al twaalf jaar lank, en het gedurende daardie tydperk ʼn verskeidenheid kunspryse ingepalm. In 2005 het sy as beoordelaar vir ʼn internasionale uitgewer se glanstydskrif oor mosaïek gedien. Sy het ook by die mosaïekkunsskool in Ravenna en die Menossi Mosaïekskool in Udine gestudeer. Sy het vele internasionale verbindinge en is gemaklik met die gebruik van beide moderne en tradisionele gereedskap en metodes. Sy het verskeie projekte vir plaaslike tydskrifte gedoen en voel geëerd om deel te gewees het van ʼn vorige LAPA-publikasie- Mal oor Mosaïek , wat ook ander kunstenaars insluit. Mosaïek is nie net haar passie nie, maar ook haar werk.

Uitgewer: LAPA uitgewers
prys: R180-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.