My bed is my bed

Mij Kelly vertaal deur Philip de Vos

Betsie het ’n bedjie, presies soos ek en jy, maar daar’s ’n hele diere-spul wat saam met háár wil bly. ’n Koei en ’n perd en ’n bok en ’n skaap wil almal saam met haar kom slaap! Hoe moet Betsie dan nou maak?

’n Heerlike, humoristiese voorleesstorie oor bed-toe-gaan-tyd, met rymvertaling deur Philip de Vos.

Oor die outeur
Die Britse kinderboekskrywer, Mij Kelly, het reeds op vyfjarige ouderdom geweet dat sy eendag ‘n skrywer wil wees. Sy is bekend vir prenteboeke soos William and the Night Train, One More Sheep en Where’s My Darling Daughter. Kelly skryf haar eenvoudige stories in rym, omdat sy voel dat dit dit makliker maak om die ritme te beheer en dus die manier hoe die storie sal klink kan beïnvloed. “Dit maak nie saak wie dit dan voorlees nie,” sê sy, “dit kan ‘n onderwyser, ‘n ouer of ‘n ouer broer of suster wees, maar ‘n mens wil hê hulle moet dit met gevoel kan voorlees – hulle moet die storie kan voordra asof hulle ‘n professionele spreker is!”

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R99,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.