Kits cappucino: My donkerkant

Ek is besig om in my eie persoonlike soul eclipse in te beweeg. En hoe harder ek dit probeer keer, hoe meer gebeur dit. Want op my bed lê daar steeds ‘n hond wat sukkel om te verstaan hoekom hý, van alle honde, reggemaak moes word. Wreed. Elders is daar drukkers wat wil weet wanneer gaan ek hulle ten volle gaan betaal? Vreesaanjaend. En oral in my kop is daar karakters wat veg om op papier bestaansreg te kry …

Daar is te veel goed, en te min genade. Voel ek.

Nou kyk. Al wat ‘n oulike boekie en tydskrif is, vertel mos vir jou hoe om jouself beter te dink. Tips om gelukkiger te wees! Dis groot op elke oordadige voorblad gedruk. Omring jou deur positiewe mense… en, en, en. In daardie geval: pasop vir my!

Want ek voel, bogger dit. Ek is nie lus om innig en diep te grawe vir ‘n laaste stukkie lekkerte nie. Nee. Ek wil nou eers voel soos ek voel. Duister. Donker. Gedaan. Bly weg met julle tips!! En net om dit baie duidelik te maak, het ek sommer my hare ook gaan donkerder kleur. Menskleur. Dis wat ek wou hê. Nie ligstrepies of wip of lewe nie. Nee! Menskleur. Want mense raak moeg. Kwaad. Lam. En my hare moet so lyk.

Ek wonder hoe lank gaan hierdie ecplise aanhou …?

Fran
X

Vir meer inligting oor die boek, Groete, Fran, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.