My eerste atlas: ‘n Wêreldatlas vol asemrowende feite

Wendy  Maartens

  • In watter land kan jy ongeveer 700 verskillende tale hoor?
  • Waar ry die ministers soms met fietse parlement toe?
  • Watter land is so groot dat dit sewe dae per trein neem om van oos na wes te ry?
  • In watter Suid-Afrikaanse dorp het die polisie op kamele gery?
  • Watter provinsie in Suid-Afrika is die grootste?

Verken die wêreld met hierdie prettige volkleur-atlas! Propvol fantastiese feite oor al die vastelande, en oor Suid-Afrika en sy nege provinsies.

EKSTRA! Muurkaart van Suid-Afrika

Oor die outeur:
Wendy Maartens het grootgeword in Worcester, waarna sy in George skoolgegaan en gematrikuleer het. Sy woon tans in Melkbosstrand. Sy put vreugde uit die klein singe in die lewe en is ontsettend dankbaar vir haar vriende en familie. Haar werk sluit in Lena se bottelboom, ‘n Ster met strepe en Sprokies en ander gunsteling-stories.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R150-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.