My lewe in God se wil

Stephan Joubert

Wat is God se wil? Dit is die groot vraag in gelowiges se lewe. Die meeste vra hierdie vraag as volg: “Wat is God
se wil vir my lewe?
” Die klem val veral op my lewe. Die meeste mense bly lewenslank onseker oor die antwoord.

Almal praat, bid, preek en verskil oor God se wil, maar min antwoord positief op die volgende vraag: “Is jou lewe tans binne God se wil?” In My lewe in God se wil fokus Stephan Joubert in 365 dagstukke op verskillende fasette van God se wil. Hy fokus onder meer op: God se wil deur gebed, ’n Bybel-roetegids na God se wil en waar pas God se wil in as ons ly?

God se wil is veel eenvoudiger, baie mooier en ook makliker doenbaar as wat jy dink. God is in beheer. Hy is op sy troon. Hy is rustig aan die stuur van sake in die heelal. In en deur Christus gebeur God se wil glashelder. Leef in Hom, dan is jy in sy wil!

Oor die outeur:
Stephan Joubert is ’n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus – ’n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buitengewone professor in Nuwe Testament aan die Universiteit van Pretoria, ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, en is ook redakteur van ’n groot e-kerk op die internet. Hy is getroud met Marietjie en het twee dogters, Tarien en Elani.

Uitgewer: CUM
Prys: R119-95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.