’n Ander mens

deur Zirk van den Berg

Polisievrou Erica van der Linde het die perfekte manier gevind om te verseker dat getuies onder haar bewaring in die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad versteek bly. Sy vermoor hulle. Maar sy’t nog nooit ’n getuie soos Daniel Enslin teëgekom nie…

Oor die outeur:
Zirk van den Berg is in Namibië gebore, het in Suid-Afrika grootgeword en woon nou in Nieu-Seeland. Zirk, vroeër ’n joernalis en kopieskrywer, het aanvanklik literêre werk in Afrikaans geskryf.
Sy eerste boek, ’n versameling kortverhale, het in 1989 verskyn. Ekstra dun vir meer gevoel is hoog aangeskryf en van die stories is wyd in bloemlesings opgeneem, onder meer in ’n oorsig van ’n 100 jaar van kortfiksie in Afrikaans.
Zirk se historiese roman, Wydsbeen, is gebaseer op ’n werklike rebel en speel af in Suid-Afrika in die 17de eeu. In 1998, terwyl hy aan sy eerste roman in Engels gewerk het, het Zirk na Nieu-Seeland verhuis. Nobody dies is uiteindelik in 2004 deur Random House Nieu-Seeland uitgegee. Dit is onder meer deur die New Zealand Herald as een van die vyf top-rillers van die jaar aangewys – die enigste plaaslike boek op die lys.

Uitgewer: nb uitgewers
Prys: R145-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.