‘n Bordjie vergifnis en ander verhale

Anzil Kulsen

‘n Bordjie vergifnis en ander verhale is ‘n bundel kortverhale met ‘n Christelike inslag. Die bundel is die resultaat van LAPA uitgewers en Kuier se kortverhaalkompetisie. Bekende name soos Amy Kleynhans, Christo Davids, Denise Newman en Johrné van Huyssteen het ook verhale bygedra.

Lesers sal hulle kan verlustig in stories wat inspireer; stories wat vertel hoe gewone mense hulle lewenskrisisse te bowe gekom het. Die wenverhaal van Joanna Alexander vertel van die lief en die leed en vergewensgesindheid van mense wat te midde van swaarkry, armoede en geweld, steeds hoop en steeds liefhe. Elke verhaal vertel ‘n besondere storie wat die leser met welbehae en ‘n ander perspektief op die lewe laat.

Uitgewer: LAPA uitgewers
Prys:R95-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.