‘n Fontein voor ons deur

deurdeur Marita van der Vyver

ʼn Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ʼn wafferse prinses van ʼn verre land deur Frankryk gereis en ʼn vreeslike verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wou glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ʼn prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk.

En wat gebeur toe? Saam met haar prins sit sy huis op in ʼn Franse dorpie. Hulle gaan woon in ʼn ou kliphuis in Rue de I’église – Kerkstraat. Dáároor skryf sy in Die hart van ons huis.

En wat gebeur nou ? Hulle trek. En nie waarheen nie… Na ʼn plek wat bekend staan as plek van die paddas.

ʼn Fontein voor ons deur is ʼn reeks stories oor ʼn verhuising- ʼn Franse verhuising! Maar dit is dan eintlik stories oor dit wat die hart vasmaak aan ʼn huis en sy mense; ook dit waarvan jy jou moet losmaak as jy verhuis. En daardie ding wat altyd met jou saamtrek.

Een ding is seker: Of dit nou in Kerkstraat of Paddastraat is, soos Marita van de Vyver dit sien, bly die lewe ʼn fontein bruisend met verassings.

Oor die outeur:
Marita van der Vyver is in Kaapstad gebore. Sy het op Stellenbosch studeer waar sy in 1978 ʼn B.A. en in 1979 in honneursgraad (cum laude) in joernalistiek verwerf het. ʼn Paar jaar later behaal sy ʼn meestersgraad in joernalistiek. Daarna werk sy as joernalis by Die Burger en Sarie totdat sy in 1987die vryskutlewe aanpak. Sy debuteer in 1982 met die kinderboek Van jou jas, maar dis haar eerste boek vir volwassenes, die opspraakwekkende Griet skryf ʼn sprokie in 1992, wat ʼn blitsverkoper word en vele herdrukke beleef. Die roman is met die M-Net-prys, ATKV-prys en die Eugène Marais-prys bekroon. Vir haar kinder- en jeugboeke is sy onder meer met die Tienie-Holloway-medalje, die MER-prys en die Sanlam-prys vir jeuglektuur bekroon. Seder 1999 woon Marita saam haar Franse man, Alain, en vier kinders op die Franse platteland.

Die hart van ons huis, die eerste van die drie boeke oor haar lewe in Frankryk, was tweede op die Suid-Afrikaanse topverkoperlys.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R200-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.