‘n Kameel, ‘n sprinkaan en ‘n vrot tamatie

deur Annelie Ferreira

Niks cools gebeur ooit op Koedoesdorp nie. Elke dag is dieselfde, die een so vervelig soos die ander. Veral Maandagoggende, aldus Gerrie. Maar hierdie Maandag is anders, want skielik is hulle voortuin vol kamele wat Gerrie se ma se spogrose opvreet. Pa is in ʼn toestand, want daar is ook ʼn klomp mense in wit klere wat deurmekaar praat in ʼn vreemde taal en wat ernstig verdwaal lyk. Dis chaos in Gerrie-hulle se huis en tuin, en hy en sy suster, Anneke, is mal daaroor. Dit word ʼn surrealistiese dag van Kamele wat pandemonium saai, die vreemde gesin wat tent opslaan in die voortuin en sprinkane braai, die buurman wat sy vrot tamaties oor die draad gooi en die polisie, die brandweer en die dorpsbestuurder wat in dolle vaart opdaag om te kyk wat de joos daar aangaan. Na skool neem Gerrie sy kans waar en oortuig die kameelseun om ʼn entjie in die straat af met een van die kamele te ry – verdere chaos! Maar die koms (en die vertrek) van die kameelmense het Koedoesdorp en sy mense onherroeplik verander. ʼn Lekker ligte storie vol humor en pret. ʼn Soort moderne sprokie.

Oor die outeur:
Na ʼn BA en diploma in Vertaling aan die US het Annelie as taalpraktisyn en subredakteur by Sanlam se Taaldienskantoor en Human & Rosseau Uitgewers gewerk. Daarna volg deeltydse- en vryskutwerk vir ʼn verskeidenheid uitgewers en publikasies. Sy publiseer ʼn aantal nie-fiksieboeke, onder andere Daar’s ʼn mens binne, Die dag toe ons God gevang het en Eva ontmoet Einstein, asook ʼn roman, Hoekom honde nie kan sing nie. Sy was die samesteller van Paaie, ʼn boek oor verskillende godsdiensperspektiewe. Sy is getroud, met twee dogters, en bly tans in Bristol, Engeland, waar haar man as aktuaris werk. Sy reis gereeld terug na hulle huis in Durbanville.

Uitgewer: Human & Rosseau
Prys: R120-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.