’n Kwartmiljoen Mauserpatrone

Doc Immelman

Wanneer Wynand Senekal, lid van die Suid-Afrikaanse Geheime Diens, na Suidwes gestuur word om te ondersoek waarom een boer binne ’n kort tydperk duisende Mauserpatrone aangeskaf het, sou hy nooit kon raai wat vir hom voorlê nie.

Terwyl die optrede van die boer Piet Ludeke uiters verdag lyk, vergelyk dit nie in die minste met wat Wynand sien as hy die omgewing van die plaas bespied nie. Dit word skielik duidelik dat hier iets besonder vreemd aan die gang is … Ses ossewaens verskyn, kompleet met trekosse en touleiers, vergesel deur ’n paar bebaarde manne te perd – geklee in kakie en ferweel, geweer en bandelier oor die skouers. Wynand voel meteens asof hy honderd jaar in die verlede teruggeplaas is. Waar kom hierdie mense vandaan en wat wil hulle met so baie ammunisie maak?
Wat volg, is soos ’n koorsdroom.

Oor die Outeur:
Doc Immelman is ’n meesterstorieverteller, uit wie se pen reeds meer as 40 boeke verskyn het. Sy liefde vir Namibië (waar hy steeds woon) asook sy kennis van en liefde vir jag vind in byna al sy verhale neerslag – en sorg vir ’n tydlose soort ontspanningsliteratuur wat by ou aanhangers sowel as nuwe lesers sal aanklank vind.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R140-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.