‘n Lewe aan skerwe

Jerry B. Jenkins

Brady Wayne Darby en Thomas Carey is twee mense wat kwalik méér van mekaar kan verskil. Die een is ’n leraar wat nooit werklik tot sy reg gekom het nie, maar steeds desperaat begeer om ’n verskil te maak; die ander een is ’n krimineel wie se ergste misdaad altyd die een is wat hy volgende gaan pleeg. Die een dien God getrou; die ander een dien net homself. Wanneer dié twee mekaar ontmoet word ’n hele nasie daardeur beïnvloed. Almal wat beïnvloed word deur Darby en Carey se ontmoeting sal vir ewig die dag onthou toe ’n klein bietjie “hemel” ’n groot “hel” binnegedring het. ’n Lewe aan skerwe bied ’n wonderlike fiksie-reis waar dood, skuld en wanhoop op ongeëwenaarde wyse getroef word deur weergeboorte, vergifnis en hoop.

Oor die outeur
Jerry B. Jenkins is ’n topverkoper-outeur en daar is sedert 1995 meer as 63 miljoen eksemplare van sy boeke verkoop, waaronder die fenomenale Left Behind-reeks. Twintig van sy boeke was nommer een op die New York Times topverkoper-lys. Jerry en sy vrou, Dianna, woon in Colorado. Hulle het drie volwasse seuns en vier kleinkinders.

Uitgewer: CUM Uitgewers
Prys: R149,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.