‘n Lewe sonder beperkings

Nick Vujicic

Nick Vujicic, wat sonder arms óf bene gebore is, vertel in sy boek ’n Lewe sonder beperkings hoe hy sy fisiese gestremdheid moes oorkom en van die emosionele eise wat dit as kind, tiener en jong volwassene aan hom gestel het. Vir lank het hy geglo dat hy geen doel in die lewe het behalwe pyn en vernedering nie, maar nou vertel hy hoe sy geloof in God, wat sy enigste bron van krag was, en sy lewensdoel, om mense te inspireer, hom die selfvertroue gegee het om ’n lewe sonder enige beperkings te geniet. Nick se praktiese raad om ’n lewe ryk, vervullende lewe te hê, sluit in: vertrou ander mense, ontwikkel ondersteunende verhoudings, kry jou krag uit die pad waarop jy loop. Hy glo sy lewe het geen beperkings nie, en wil hê ander moet dieselfde voel oor hul lewe. ’n Lewe sonder beperkings is ’n inspirerende boek en vertel ’n verhaal van eindelose hoop.

 

Oor die outeur
Nick Vujicic is ’n motiveringspreker en president van die niewinsgewende organisasie Life Without Limbs. Hy het in Australië grootgeword, maar woon nou in Kalifornië terwyl hy die wêreld vol reis om sy boodskap van hoop uit te dra.

 

Uitgewer: CUM Uitgewers

Prys: R99,95*

* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.