‘n Lied van vreugde

Nina Smit

Ten spyte van ons daaglikse struikelblokke bly die lewe steeds ’n vreugde! Nina Smit fokus in ’n Lied van vreugde in 52 dele op die verskillende fasette van vreugde. Sy moedig jou aan om vir jou ’n droom te kry, sy lei jou na blywende blydskap en sy wys vir jou die pluspunte van gehoorsaamheid. Vroue van alle ouderdomme sal aanklank vind by hierdie boek.

Elke gedeelte het ’n kernaanhaling, gebed en iets om oor na te dink. Daar is ook vrae met plek waar jy antwoorde en voornemens kan neerskryf.

’n Lied van vreugde sal jou help om waarlik elke dag vreugde te lééf.

Oor die outeur
Nina Smit is die topverkoper-outeur van meer as 150 boeke. Sy en haar man, Johan, woon in Somerset-Wes. Hulle het drie kinders en vyf kleinkinders.

Uitgewer: CUM
Prys: R109,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.