’n Nuwe era van ridderlikheid   

 romanza_Ridder_Facebook.png[promosie-artikel]

Daar was ’n tyd toe mens ’n ridder so te sê agter elke bos kon uitskop. ’n Dame het skaars voor ’n plas water  in die pad te staan gekom of ’n galante heer het reeds sy baadjie oor die poeletjie neergelê. Maar die tye het  verander. Moderne dames het waterdigte skoene en ridders op wit perde is bloot net onprakties.

Dit beteken egter nie dat die skoner geslag nie steeds na só ’n man hunker nie. Dís waarom LAPA Uitgewers ’n soektog van stapel stuur om ’n ridder te vind. ’n Moderne ridder, bygesê. Hierdie Ridder het ’n hart van goud, ’n sixpack van staal, en kan enige vrou laat swymel met beide sy looks en sy persoonlikheid.

Die publiek word uitgenooi om mans wat aan hierdie beskrywing voldoen, as die Romanza Ridder te nomineer. (Mans kan natuurlik hulself ook nomineer!) Daar is groot pryse op die spel, insluitend R15 000 vir die galante heer wat met die titel wegstap.

Nomineer jou ridder by www.romanzaridder.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.