ʼn Omvattende boek oor oorlogvoering in Afrika bekendgestel

roland-de-vries-boekbekendstelling-2018-06

Genl.maj. Roland de Vries tydens die bekendstelling van sy boek ‘Mobile Warfare for Africa’ in Centurion op 14 Junie. Foto: Reint Dykema/Forum nuus.

Deur Alet Rademeyer

’n Omvattende boek oor die aard en omvang van oorlogvoering in Afrika, en veral vierdegenerasie-oorlogvoering, is Donderdagaand in Centurion bekendgestel.

Mobile Warfare for Africa is geskryf deur genl.maj. Roland de Vries, Camille Burger en Willem Steenkamp.

De Vries, voormalige adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Weermag, is nou ’n konsultant vir AfriForum se Projek Nehemia, ’n proaktiewe misdaadbekampingstrategie wat ten doel het om gemeenskappe in vennootskap met ander rolspelers te bemagtig om hulself beter te beveilig.

De Vries het gesê die boek beskryf die aard en omvang van oorlogvoering in Afrika en veral vierdegenerasie-oorlogvoering, wat as brutaal, ongereeld en onderduims beskryf kan word.

Die boek dek die teoretiese onderbou van oorlogvoering, die fundamentele aspekte van oorlogvoering op die grond, konsepte van oorlogvoering en vredesoperasies daarna. Dit is ook ryklik geïllustreer met kleurkaarte en -foto’s, en gevallestudies uit die destydse Suid-Afrikaanse Grensoorlog.

De Vries het verwys na die situasie waarin Suid-Afrika hom tans bewind en die aard en omvang van gewelddadige misdaad.

“Ons het met ’n nuwe revolusie te doen en ons sal moet kyk hoe tegnologie in die stryd teen primitiewe oorlogvoering gebruik kan word. Die verskillende fases van revolusionêre oorlogvoering is duidelik sigbaar. Ons moet gereed wees en die essensie is dat, as ons vrede in die toekoms wil hê, ons vir oorlog moet voorberei.”

Die kundigheid en leierskap van soldate wat in die bosoorlog geveg is, word internasionaal erken en bewonder. Die nuwe boek word tans aan die Australian Command and Staff College in Canberra bestudeer, waar uitsoekstudente leer om oorlog in plekke soos Afghanistan en Irak te voer. Mense wat militêr kundig wil raak, sal veral baat vind by die boek.

De Vries gee ook klas by die kollege en volgens hom word die bosoorlog deurtastend bestudeer.

“Suid-Afrika is een van die lande wat die beste voorbeelde van teeninsurgensie-oorlog gestel het. Die suksesfaktore, soos taktiese vernuf, leierskap op die laagste vlak en die durf, moed en selfvertroue waarmee Suid-Afrikaanse soldate geveg het, is veral kwessies waarna deeglik gekyk word.”

Oudkollegas van De Vries sê die boek span die kroon op sy loopbaan as militêre denker in die Suid-Afrikaanse krygsgeskiedenis.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het De Vries gelukgewens met die boek en gesê daar is groot waardering vir die bydrae wat hy tot AfriForum lewer om veiligheidstrukture landwyd te help vestig en ’n verskil in die land te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anner Anton ·

Wat ons Afrikaners oud en jonk nou nodig het is n handleiding hoe om te oorleef in die veld en in die stad. Ons moet die kennis in een boekvorm en aanlyn vasle bv eetbare en medisinale plante, selfverdediging, eerstehulp, wapenvervaardiging, herlaai van ammunisie ens. Ons moet voorberei om goeie voetsoldate te wees.

JAN ·

Goeie boek vir lees en die boekrak.
Wat die Afrikaner Boere benodig vir oorlewing en voortreflikheid en vryheid is beskryf in die asemrowende preek wat ‘n Sotho dominees aan sy Tswana gemeente geskets het:

Die ou man en kleinseun loop in die veld en let op dat al die diere na die berg se kant te trek. Skilpaaie bokkies slange hase akkedisse – almal in een rigting. berg toe. Omrede hulle weet van ‘n naderende storm….
Vra die dominees vir die gemeente:
‘Wanneer daar storms dreig … hoekom bly julle in die vlaktes en kruip in gate en hole?
Hoekom vlug julle nie ook soos die diere na die hoogtes na die berg na God nie? ”

Dis die kern vraagstuk en die vloek van die Afrikaners hul soek regte antwoorde op verkeerde plekke.

JAN ·

Ons Volk soek regte antwoorde op verkeerde plekke.
Met storms bly ons op die vlaktes en kruip in hole en gate maar vlug nie soos al die diere na die hoogtes toe nie..
Ons vlug nie na die berge na God toe nie nee…..

Arm Bosvark ·

R700 vir ‘n boek is ‘n hoop geld! Dalk ‘n drukfout?

Die waarheid ·

Ek dink ons almal weet dat ons op hierdie stadium n Godvresende nugter denkende leier soek . Dit is wat ons(wittes] nou nodig het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.