‘n Pad vol dorings – Die Rose-trilogie

Beverly Lewis

Rose Kauffman is ’n gelowige jong meisie wat haar invalide ma versorg en graag in die geheim perd ry saam met haar dierbare vriend Nick, die biskop se volwasse pleegseun wat weier om by die kerk aan te sluit. Intussen werk sy ook af en toe by ’n Engelse wewenaar wat haar verbied om na die boonste verdieping van sy huis te gaan. Wat steek hy daar weg? Haar ouer suster, Hen, wat haar Amish-tradisies agtergelaat het om met ’n wêreldse man te trou, weet maar te goed watter gevaar daar skuil in Rose se vriendskap met Nick. Sy self hunker nou terug na dit wat sy eens so maklik verwerp het – ’n wêreld wat haar man verag, maar wat sy weet beter sal wees vir haar dogtertjie. Sal sy weer haar plek tussen haar mense vind en ook haar huwelik kan red? ’n Pad vol dorings, die eerste boek in Die Rosetrilogie, bewys dat die lewe in die Lancaster-distrik idillies kan lyk, maar beslis nie sonder dorings is nie …

Oor die outeur
Beverly Lewis is in die hart van Pennsilvanië en die Amish-tradisie gebore. Sy is ’n voormalige onderwyser en die outeur van meer as 70 boeke waarvan verskeie toekennings ontvang het. Beverly en haar man, David, het drie volwasse kinders en een kleinkind, en woon in Colorado.

Uitgewer: CUM Uitgewers
Prys: R119,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.