‘n Reis deur erfeniskos

Sout + Peper erfeniskos | reis

Niël Stemmet

Niël Stemmet, binnehuise-ontwerper, koskenner, reisiger deur die verlede, deel in sy boek sout+peper die geregte wat hom na aan die hart lê.

In die boek vertel Niël stories en verwys na resepte wat in die volksmond oorvertel is en van grootmoeder na moeder, dogter en kind aangegee is. Hy is passievol oor waar die tradisie van erfeniskos vandaan kom, en skryf die stories soos hy dit onthou; die resepte soos hy dit ontvang of gehoor en opgeskryf het. So beskryf hy Sondagkos: Dit is Sondag, hoe onthou ek nie Sondae as kind nie: jy raak wakker met die klank van kerkklokke wat deur die dorp beier, die gesang van voëls, hier en daar ’n verlore haan wat kraai, ’n hond wat blaf, die geluide van die kombuis en die geure van skaapboud en braaihoender wat in die gang afkom en in jou neus kom lê…

Die boek bestaan uit ongeveer 320 bladsye, wat ’n aantal sketse, resepte (versorg deur Carmen Niehaus) en volkleurfoto’s beslaan. Tussendeur die vertellinge word advertensies van kosprodukte geplaas – onopgesmuk en eerlik soos in vervloë dae se dagblaaie en tydskrifte. Produkte wat veral nostalgiese herinneringe opwek, word deur volkleurfoto’s gekomplimenteer. sout+peper word op Niël se nostalgiese kos- en reisblog, www.soutenpeper.co.za gebaseer.

Oor die outeur:
Niël Stemmet is ’n binnenshuise ontwerper, versamelaar en kurator. Projekte waarvoor hy verantwoordelik is, word veral oor hul tydlose en aardse kwaliteite geprys. Hy is veral bekend vir restaurantontwerp soos dié van Cuvee, die Van Niekerk-proelokaal by Simonsig, en Towerbosch Aardskombuis by die Knorhoekwynlandgoed. Tans is hy as kreatiewe konsultant vir ’n aantal ontwerp- en kuratorsprojekte vir plaaslike en internasionale kliënte verantwoordelik.

Niël is al meer as 25 jaar in die restaurant- en gasvryheidsindustrie betrokke. Sy restaurant Le Must, in Upington, is as een van Style se top 10 restaurante van 2004 aangewys en sy gastehuis Le Must Residence, ook in Upington, wen die gesogte American Express en AA Travel-prys vir Beste Gastehuis in 2007 sowel as 2008. Sy werk, reisbeskrywings en fotografiese essays is in publikasies soos Elle Decoration, House & Leisure, Sawubona, Real Living Australia, Taste Magazine, National Geographic Traveller, Design Indaba Magazine en Condé Nast House & Garden gepubliseer.

Uitgewer: Lapa
Prys: R295-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Michelle ·

we have just set up a baker’s café in pretoria east – and I would like to stock my shelves with cookbooks… would it be possible to stock “sout en peper?”

Tel: 0834094404

Regards Michelle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.