‘n Trollie vol diere

Thomas Taylor

Inkopies saam met Mamma? Dis vervelig! Maar by die supermark ontdek Philip onverwags ‘n fantastiese wonderwêreld…Want hierdie is nie sommer ‘n gewone supermark nie – en met ‘n hele trollie vol diere op die inkopielys, het Philip hope pret tussen die rakke! Kinders sal versot wees daarop om nuwe dieremaats te maak in hierdie lawwe, lawaaierige prenteboek.

Oor die outeur:
Thomas Taylor is ‘n Britse outeur van kinderstories en ‘n illustreerder. Hy het die voorblad-kuns vir die eerste uitgawe van Harry Potter en die Philosopher’s Stone boek gedoen.  Hy het al verskeie prenteboeke geskryf en geïllustreer onder andere George and Sophie’s Museum Adventure in 1999, en Haunters en Dan of the Dead wat in 2012 gepubliseer is.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R80-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.