‘n Tyd vir vasberadenheid

Randy Alcorn

Die een kenmerk wat die meeste geweldsmisdadigers en bendelede in gemeen het, is dat hulle in huise grootgeword het waar daar nie ’n sterk, manlike rolmodel was nie. ’n Tyd vir vasberadenheid deur Randy Alcorn is die inspirerende verhaal van alledaagse helde – polisiebeamptes Adam Mitchell, Nathan Hayes, Shane Fuller en David Thomson – verbonde aan die Dougherty-distrik se Sheriffdepartement. Sterk manne wat daagliks met bendelede en geweldsmisdadigers te doen kry, maar tuis die moeilikste werk op aarde doen – pa-wees.

Wanneer ’n tragedie hulle tref, begin hierdie mans worstel met hul hoop, hul vrese, hul geloof en hul vaderskap. Kan ’n nuutgevonde dringendheid hierdie pa’s help om nader aan God te kom en ook nader aan hulle kinders? ’n Tyd vir vasberadenheid is ’n boek wat ’n langdurige impak op gesinne sal hê.

Oor die outeur:
Randy Alcorn is die stigter en direkteur van Eternal Perspective Ministries. Hy is die topverkoper-outeur van 27 boeke. Heaven is onder andere een van 14 nie-fiksie boeke wat al uit sy pen verskyn het. Hy en sy vrou, Nanci, is die ouers van twee getroude dogters. Hulle is ook trotse grootouers.

Uitgewer: CUM
Prys: R119-95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.