Namakwastories: ‘Xau, Xjei en hulle verlamde ouma’

Die skrywer Jan van Wyk sê die volgende oor sy kortverhaal “Xau, Xjei en hulle verlamde ouma”:

Daar het ʼn vrou van Boesman-herkoms saam met my ma groot geword. Hulle moes eendag saam baie hard werk. In ʼn stadium het my ma en ander gekla dat hulle nou op en gedaan is en nie ʼn tree verder kan gaan nie. Toe vertel die vrou vir hulle dié verhaaltjie.

“Dit kom daarop neer dat ʼn mens maar net genoeg ‘motivering’ van iewers benodig, dan kan jy nog meer doen, tewens berge versit. Boonop hou dit ook verband met die nomadiese bestaan en ellendige omstandighede waarin die Boesmans moet oorleef.”

Jan se oorlede ma was vir baie jare op een of ander manier betrokke by die sendinggemeente van hul dorp en so is hy blootgestel aan kerk-aktiwiteite, toneelopvoerings en verskeie karakters, soos byvoorbeeld ʼn Kooitjie Geldsak en Piet Holtand, van daardie gemeenskap.

Natuurlik is nie almal geneë dat hul name net so in ʼn storie gebruik word nie, veral nie waar die persoon meen dat dit ʼn slegte of skewe beeld is nie, vertel Jan. “Mense (ek en jy seker ingesluit) lag nie altyd so maklik vir hulself as wat ons dink nie. Gevolglik moes ek fiktiewe name en karakters bou en voorvalle aanpas of selfs plekname verander.”

  • Lees meer oor Vertel da’ vir my ʼn storie van Namakwaland hier op Maroela Media.
  • Luister hierbo na “Xau, Xjei en hulle verlamde ouma” uit die bundel Vertel da’ vir my ʼn storie van Namakwaland. Dit word voorgelees deur Johnny Klein.

Uitgewer: Malan Media
Prys: R240,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.