Nege oop arms

Benny Lindelauf

In die Nederlandse provinsie Limburg naby die stad Sittard staan ‘n verwaarloosde huis – ‘n huis waar die sussies Muulke, Fing en Jes maar langtand is om in te trek. Van tragiese tragedies en ‘n ewige gerondswerf het hulle in hul kort lewens al genoeg gehad. Wie wil immers in ‘n bouvallige kasarm met ‘n voordeur aan die agterkant en ‘n drumpel op kniehoogte woon – en dan nog rekening hou met ‘n pa wat vas glo eers eers glo, dan sien? Maar wanneer die meisies ‘n eienaardige ontdekking in die kelder maak, beland hulle op die spoor van ‘n fassinerende verhaal: ‘n verhaal van swerwers, verbode liefde en gebreekte beloftes- en van spoke wat wel tot rus gebring kan word.

Nege oop Arms is ‘n ryk en geskakeerde vertelling oor menswees, oor familiebande en oor behoort – wat nie net tieners nie, maar ook volwassenes met nuwe deernis en verwondering na die lewe sal laat kyk. ‘n Uitmuntende vertaling wat die Europese sfeer welslae in Afrikaans laat weerklink.

Oor die outeur:
Een van die grootste inspirasies in Benny Lindelauf se skrywersloopbaan wa sy eie ouma, by wie hy dikwels op die stoep gesit en tee gedrink het terwyl sy vir hom verhale oor haar en haar susters vertel het. In 2005 word Nege Oop Arms met die Nederlandse Gouden Zoen bekroon vir beste jeugverhaal.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R140-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.