Nemesis

Riana  Mouton

Hierdie is ‘n sinistere moordverhaal oor ‘n reeks moorde. Die lyke wat gevind word, word geposeer om soos selfmoord te lyk, maar almal het dieselfde selfmoordnota by: “Dit is volbring…”

Vir adjudant-offisier Ben Hugo is dit egter gou duidelik dat dit nie selfmoord kon wees nie. Terwyl hy probeer om hierdie verwarrende reeks moorde op te los, het hy ernstige persoonlike probleme wat ook aanspraak maak op hom. Sy angstigheid na ‘n skietvoorval waarin hy by die dood omgedraai het, sy rebelse tienerdogter en sy kollegas wat sukkel om sy bevordering te aanvaar.

Oor die outeur: 
Riana Mouton woon tans saam met haar gesin in Whangaparaoa, Nieu-Seeland, waar sy navorsing doen vir haar volgende roman. In 2008 was sy op die kortlys vir die ATKV-prys vir spanningsfiksie met Reuk van die dood.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.