Neuskrap is lekker

Daniela Kulot

“Neuskrap is lekker,” sê Olifant. En Muis stem saam. Net Padda mag nie neuskrap nie. Hoekom nie?
Neuskrap is lekker is ‘n prenteboek vir slim kinders.

Oor die outeur:
Daniela Kulot is in 1966 in Beiere gebore en stel al sedert kindsbeen belang in die skep van kinderboekillustrasies. Haar boeke geniet sedert die 1990’s groot aanhang en is al meer as 30 keer vertaal. Haar deurbraak het in 1996 gekom met Neuskrap is lekker, wat sedertdien in verskeie tale verskyn het. Die onderwerp het groot opspraak by verskeie uitgewers gewek, maar dit het mettertyd duidelik geword dat dit sekere taboes uit die weg geruim het. Maar Daniela is nie altyd omstrede nie. Die meeste van haar kinderboeke handel oor die dag-tot-dag-probleme wat kinders (en volwassenes) ervaar. ’n Voorbeeld hiervan is die skreeusnaakse Ein kleines Krokodil mit ziemlich viel Gefühl (’n Baie verliefde klein krokodilletjie, Protea Boekhuis 2011), waar ’n krokodil smoorverlief is op ’n kameelperd en sy hom nie raaksien nie omdat sy so groot is.

Oor die vertaler:
Dr. Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.