Niemand onaantasbaar in Steve se ‘Die onaantasbares’

Steve Hofmeyr (Foto: Facebook)

Dit het die sanger Steve Hofmeyr tien dae – waarin hy net “opgekom het vir asem, koffie en konserte” – geneem om die lewe te skenk aan sy jongste roman, ʼn speurverhaal wat beloof om te boei.

Die sanger het aan Maroela Media vertel Die onaantasbares is sy eerste volwasse roman.

“Die geweld is hard en die bloed vloei. En dan het ek die heerlike voordeel dat ek polities onverskillig kan wees. Sonder politieke korrektheid het ek vier keer soveel karakters om voor die voet af te maai. Niemand se beeld word gepoets in my boeke nie. Almal bars, of jy nou swart of gay, vet of vrou of bruin of wit is,” vertel die sanger.

Hofmeyr sê Die onaantasbares is ʼn speurverhaal. “Die eerstepersoonsverteller is ʼn huurmoordenaar. En ʼn vuilgoed. Ek het in my lewe twee geken – een is ‘oorlede’ en die ander toegesluit. En kyk, dit sit nie in enige huurmoordenaar se broek om verlief te raak nie. Daar is vele klein doodloopstrate in hul lewensmotto’s. Die storie het gebars om uit te kom en ek het dit in twee weke klaar geskryf,” vertel hy.

Die onaantasbares (Foto: Facebook/Steve Hofmeyr)

Die speurverhaal draai om die sogenaamde “Sluiper” wat deur sy kamerade uit die DRK huis toe gestuur word vir berading – en dan sterf sy siel. “Gou stel hy sy dienste beskikbaar aan die hoogste bieërs in Suid Afrika, meestal politici. Om goed te wees, moet jy leer om met die afwesigheid van gevoel te boer. En liefde het niks daarmee te make nie, het hy ( die Sluiper) gedink, totdat hulle Tes Mallet vermoor het.”

Die sanger is besig om met sy uitgewers te onderhandel oor die publikasie. Drie vriende en sy vrou is tans besig om die boek te lees.

“Die idee is seker nie oorspronklik nie, maar die wending aan die einde sal jou asem wegslaan,” vertel hy. “My vrou is nou besig daarmee. Ek hou haar dop. Ek ken haar kyke.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

MP ·

Kan nie wag vir boek nie!!! Vertrou dat dit gou op die rak gaan wees.

SARIE VAN HEERDEN ·

Is daar ‘n einde aan die Steve-verrassings? Glo nie. Wat ‘n talentvolle man. Veels geluk met jou boek, Steve. Ek sal dit nie lees nie want ek gril my dood vir bloed en aanvalle, maar steeds wens ek joubaie voorspoed met jou nuwe “onderneming”.

John ·

Ek hoop Maroela gaan daagliks uittreksels uit Steve se boek publiseer om ons dag op te kikker en beslis voorskryf vir studente by ons eie Afrikaanse universiteit, Akademia… ons Boerepresident se eie, eie kunswerk… ook vir die koffietafel en vir voorlees vir die ‘kids’ voor slapenstyd… en ons spot oor stortkoppe… Gelukkig het ons nou ‘n ‘match’ gevind…
‘n badprop.

Fransie ·

Mense, ek kan nie wag vir die boek om te verskyn nie! Dit klink nou na ‘n lekker, interessante storie. Ek ondersteun ons Afrikaanse skrywers en koop hulle boeke om my steun te gee – geen gelenery nie – koop dit self om my dankbaarheid te wys met die ongelooflike plesier wat hulle ons verskaf in hierdie stresvolle lewe. Daar is NIKS so lekker as om met’n goeie boek in jou hande te sit en lees nie. Geen digitale vorm kan daardie genot vervang nie. Steve en julle ander uitstekende skrywers —- “doet so voort” ??

thelsa ·

Die 3 vriende en sy vrou wat die boek lees mag dalk die totaliteit van die publikasie opslurp

Hahahehehiehie tjietjie ·

Ai ougirl, hul sê, wie laaste lag, lag die lekkerste, soos ek nou hier lees gaan dit nie jy wees nie. Steve het sy dingetjies soos ek en jy, maar met sy kuns talent skort daar niks of dit nou sing, liedjie skryf, gedigte of boeke is, hy is die meeste ligjare voor. Vir die stoutes ja tot met kinders ook, hy het ten minste sy deel gedoen vir die land om voor te kom met die minderheidsgroep. Steve sterkte en mag die boek ‘n groot sukses wees.

Uvonka ·

Wel gedaan Steve, kan nie wag om jou boek te lees nie, ek glo dit sal net so puik wees soos alles wat jy doen.

charmaine ·

Ek moet ook ene he!!! Jy moet dadelik op FB ons laat weet waar ons die boek kan kry.

ezelde ·

Wat het geword van sy “Trip” na Trump???……
Ja-ne…

Afrikaans bo ·

‘n Persoon met geen gewete, geen siel en wat met die “afwesigheid van gevoel boer”, het nie die vermoë om liefde te ervaar nie. Daar is net ‘n leë gevoel in hulle wat hulle probeer vul met losbandigheid, bedrieëry en roekelose, waaghalsige gedrag. So ‘n persoon noem mens ‘n psigopaat. Nietemin, bravo vir die boek en baie voorspoed daarmee. Ek het nog “Tussen sweef en val” en het altyd uitgekyk vir “The waiting pen” wat nog nie gerealiseer het nie.

E ·

Mag Vader jou seën in als wat jy doen. Mag jy ń vol, gelukkige lewe hê, en mag jy waarlik vry wees.
Baie geluk en sterkte.

Elizabeth ·

Ek verstaan nie waarom Steve die behoefte het om sy naam met ‘n plank te slaan nie. Enige geletterde persoon kan ‘n boek skryf in 10 dae. In my boek word boeke egter beoordeel aan hulle kwaliteit en nie aan die spoed waarteen dit ontstaan het nie. Die beste boeke word oor jare en selfs dekades geskryf. Ek hoop van ganser harte ek sal nie nodig hê om Steve se boek te lees nie!!!

Wilma Nel ·

Kan nie wag nie!! kan ek nie maar proeflees nie? Dis so lekker om sulke verhale in Afrikaans te lees, Laaste dans Drienie is een van my gunsteling boeke!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.