Noot vir dood

deur Ilza Roggeband

Die joernalis Tertia Viviers word vermoor kort ná sy ʼn geheim uitvind wat die gewilde sanger Carel Strydom seloopbaan kan verwoes.

Maar dié geheim is nie die enigste ding wat sy lewe moeilik maak nie. Daar is ʼn sangeres wat enige iets sal doen om Carel se aandag te trek, nog ʼn sangeres wat gehoop het Idols is haar pad uit armoede, ʼn obsessiewe aanhanger wat alles dophou wat hy doen, ʼn bitter akteur wat ʼn nuwe lewe probeer maak en die baas van sy platemaatskappy wat sy eie geheim het.

Boonop is dit ʼn musiekbedryf wat glad nie meer is wat dit was nie…

Noot vir dood is ʼn heerlike roman, geskryf deur ʼn joernalis wat die Afrikaanse musiekbedryf intiem ken.

Oor die outeur:
Ilza Roggeband is in 1962  in Johannesburg gebore. In bykans 18 jaar by Media24 was sy by Huisgenoot, Sarie en toe weer by Huisgenoot waar sy onder meer betrokke was by die tydskrif se verhoë by kunstefeeste soos Aardklop en die KKNK, asook die musiekkonsert Skouspel. Sy het in 2007 as vryskutjoernalis begin werk en in 2009 het haar boek 50 Stemme- die grootste name in Afrikaanse musiek verskyn. Ilza woon op Melkbosstrand saam met haar seun, Zac.

Uitgewer: Queillerie
Prys: R199-95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.