NP van Wyk Louw en die derde Afrikaner

NPdeur Carel Boshoff

Agtergrond:
Wat kom ná die “donker nag van die siel” waarin ’n volk, na sy beste oordeel onder die omstandighede, besluit het om eerder onder te gaan as om in ongeregtigheid voort te bestaan? As NP van Wyk Louw dié vraag met die klem op geregtigheid gestel het, dan stel Carel Boshoff dit nou met die klem op voortbestaan. En waar Louw die oomblik van beslissing in die vooruitsig stel, kyk Boshoff daarop terug en is dit die nuwe dag wat daarop kan volg, wat hom boei.

NP van Wyk Louw en die derde Afrikaner is die vrug van ’n dekadelange gesprek tussen twee denkers wat mekaar nooit ontmoet het nie, maar dieselfde vraag stel. Dit is die vraag na ’n volhoubare bestaan vir dié klein volk waartoe elkeen hom, na sy eie tyd en omstandighede, verbind het; die vraag na die
Afrikanervolk se plek in die wêreld. Vir beide is die Afrikaner nie net ’n gegewe grootheid nie, maar die verwikkelde samespel van mense in gemeenskap; vir beide is die toekoms nie gewaarborg nie, maar ’n waagstuk en ’n avontuur.

Carel Boshoff (iv) is ’n derde Afrikaner. Sy kultuur-politieke denke is gebore uit die nood van die tweede Afrikaner se ondergang toe sy liggaam, die Suid-Afrikaanse staat, hom afgesterf het. Net soos sy pa, ’n voortreflike tweede Afrikaner, se kultuur-politieke denke gebore is uit die nood van die oorgang tussen ’n tradisionele, landelike lewe en die moderne, stedelike bestaan wat Afrikaners in die vorige eeu moes verower. Hy woon sedert 1997 permanent in Orania en is die president van die Orania Beweging.

Uitgewer: FAK
Prys: R150-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.