Nuutgemaak

Elza Meyer

“As jy binne die wil van die Vader vir jou lewe funksioneer, sal jy vind dat Christus alreeds elke toe deur aangespreek het en dat die Heilige Gees se seën op jou lewe rus.”

Elza Meyer moedig lesers in haar nuwe dagboek, Nuutgemaak!, aan om hul lewe oop te stel vir die Heilige Gees. Sy wil elkeen inspireer om Hom te vra om hulle te lei en met sy teenwoordigheid te omvou. Die temas wat in Nuutgemaak! behandel word, sluit in: “Nuutgemaak in die nuwe jaar”, “Liefde is vir altyd”, “In biddende afhanklikheid”, “Aan die voet van die Kruis”, “Vervul met God se Gees”, “Lewe nou saam met die Heilige Gees”, “Gehoorsame gelowiges” en
“Visioene, gesigte en openbarings”.

Die 366 oordenkings in hierdie dagboek sal lesers help om sekerheid in hul God te vind en nuwe intimiteit met Hom te beleef.

Oor die outeur
Elza Meyer is betrokke by die Moreletapark Gemeente. Sy tree gereeld by ander gemeentes oor die hele land op. Haar grootste wens is om altyd binne God se wil vir haar lewe en vir God se kerk te wees en om te sien hoe God Hom in ons midde openbaar en herlewing tot stand kom. Elza is getroud met Thys. Hulle het drie volwasse kinders, wat saam met hulle die Here dien.

Uitgewer: CUM
Prys: R119,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.