Nuwe Afrikaanse aanlyn boekwinkel

Nou kan boekliefhebbers werklik lekker lees met Varsgedruk! Om dit vir boekliefhebbers nou nóg makliker te maak om hul gunstelingboeke in die hande te kry, het hierdie innoverende span so pas ’n doelontwerpte aanlyn boekwinkel bekendgestel, www.varsgedruk.co.za. Hierdie splinternuwe webwerf verkoop slegs boeke. Lesers kan dus nou die allernuutste Afrikaanse boeke moeiteloos aanskaf en gratis laat aflewer – selfs op die platteland!

Ses jaar gelede het Varsgedruk die Suid-Afrikaanse boekbedryf vernuwe deur boeke vir die eerste keer deur middel van aksiebelaaide boeklokprente aan ’n nuwe gehoor bekend te stel. Sedertdien het die Varsgedruk-span reeds meer as 350 boeklokprente vervaardig wat weekliks as boekinsetsels op kykNET verskyn, en aangebied word deur die geliefde aktrise Susanne Beyers.

Vandag is Varsgedruk ’n huishoudelike naam en sinoniem met die nuutste boeke. Derick Muller, die skepper van Varsgedruk, sê: “Ons doel was van die begin af om iets by te dra tot die lewendige leeskultuur onder Afrikaanssprekendes. Met die webwerf is dit nou soveel makliker om al jou gunstelingboeke in die hande te kry. Varsgedruk se aanlyn boekwinkel het reeds sy eerste verkope in Desember verlede jaar beleef, toe die webwerf vir ’n paar dae aanlyn was vir toetse. ’n Leser van Pretoria het vyf boeke bestel; toe moes ons spring! Dit is net weereens ’n bewys van hoe groot die vraag is na ’n platform vir Afrikaanse lesers om hul boeke aan te koop.”
Besoek die webwerf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pietsepan ·

Omskakel die boeke na digitale weergawes en julle sal nog baie meer boeke verkoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.