Nuwe boek: Aan die stuur: My Leierskapsreis

Brand pretorius

Met Aan die stuur deel Brand Pretorius, gerespekteerde sakeleier en veteraan in die motorbedryf, sy persoonlike ervaring van die hoogte- en laagtepunte van die kuns en wetenskap van leierskap. Daar is al baie boeke oor leierskap geskryf, maar hierdie is ‘n persoonlike verhaal wat die intellek sal aangryp en die hart sal aanraak.

Pretorius bespreek onder meer:

  • Die eienskappe en vaardighede wat nodig is vir doeltreffende leierskap;
  • Inspirerende  leierskap in aksie;
  • Leierskap in diensuitnemendheid en suksesvolle bemarking;
  • Hoe sakeleiers kan bydra tot ‘n beter Suid-Afrika; en
  • Die uitdagings wat daar in die toekoms op leiers wag en hoe hulle sal moet aanpas.

Alle aspirerende en bestaande leiers, ongeag hul omgewing en vlak van senioriteit, sal baat by dié boek. Die anekdotes en gevallestudies het ‘n unieke plaaslike karakter, maar die beginsels en praktyke het ‘n universele toepassing.

” ‘n Groot Suid-Afrikaner…wat bewys dat dienende leierskap en besigheidsukses gemaklike metgeselle kan wees, selfs in ‘n mededingende wêreld. ‘n Formidabele voorbeeld om na te volg.” – Prof. Jonathan Jansen, rektor van en visiekanselier, Universiteit avn die Vrystaat.

“Min Suid-Afrikaanse leiers het meer opregte en deurdagte leierskap getoon as Brand Pretorius op sy soms uitdagende pas, soos beskryf in hierdie boek.” – Mark Lamberti, voorsitter van Massmart

Oor die outeur:
Brand Pretorius staan wyd bekend in Suid-Afrika as “Mnr. Motor”. Hy was die besturende direkteur van Toyota Suid-Afrika. Bemarking van 1988 tot 1995, waarna hy die leisels van die McCarthy-groep oorgeneem waar hy net so suksesvol was. Onder sy leierskap het Toyota die markleier geword in verkope en kliënte-tevredenheid. Dit word wyd erken dat Pretorius ‘n bepalende rol gespeel het daarin om McCarthy in die vroeë 2000’s van insolvensie te red.

Pretorius kom oorspronklik van die Vrystaat waar hy aan die Universiteit van die Vrystaat ‘n meestersgraad in bedryfsekonomie verwerf het. Hy hou tans ‘n ere-professorskap by sy alma mater en die Universiteit van Johannesburg, en is ook ‘n Fellow aan die Gordon Institute of Business Science. Gedurende sy loopbaan wat oor 38 jaar strek, was Pretorius die ontvanger van verskeie nasionale sake-, bemarkings- en leierskapstoekennings. Hy woon in Johannesburg met sy vrou Tillie. Die egpaar het drie seuns.

Pretorius dien steeds op verskeie direksies, onder meer Reunert, Tongaat Hulett en die ABSA groep. Hy is ‘n gewilde sakespreker en leierskapkonsultant, en vind steeds tyd vir ‘n veldtog om lees onder landelike skoolkinders aan te wakker.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R195-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.