Nuwe boek: Geheimenisse van die natuur en die wetenskap

 Phillip Clarke, Elizabeth Dalby, Laura Howell en Sarah Khan

Hoeveel tande het ’n haai? Hoe kry geitjies teen mure geloop? Wat is die mees ingewikkelde masjien op aarde? Waarom sien ’n mens jouself in ’n spieël? Sal tydreise ooit moontlik wees?

As jy al ooit oor reenboë en wolke gewonder het, vir ure na die miere kan staar of sommer net daarvan hou om te vra “hoekom?” is hierdie die boek vir jou! Ontsluier die wonderlike geheimenisse van die plant- en diereryk en ontsyfer die raaisels van die wetenskap aan die hand van lekkerlees-teks, kleurryke foto’s en verduidelikende illustrasies. Boonop is daar dwarsdeur die boek ook nuttige internetskakels wat jou selfs verder op jou soektog na antwoorde kan help. Kyk met nuwe oë na die wêreld waarin ons woon – van die kleinste vlekkie materie tot die reuse van die see en die land – en besef sommer vroeg-vroeg: daar is altyd nóg iets om te leer ken en te ontdek!

Oor die outeurs:
Die skrywers van Geheimenisse van die natuur en die wetenskap maak deel uit van die onafhanklike Britse uitgewershuis Usborne se span vakkenners, wat verantwoordelik is vir verskeie gerekende opvoedkundige publikasies. Usborne is onlangs as Britse Kinderboekuitgewer van die jaar 2012–2013 bekroon – ’n prestasie wat die belang van Protea se samwerking met dié instansie bevestig en belig. Amelia de Vaal behartig die vertaling van verskeie fiksie- en niefiksietitels wat onder die Protea-logo uitgegee word, waaronder Die Storie Van-reeks, ook in samewerking met Usborne.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.