Boek: ‘Historikus: ʼn Outobiografie’ deur Hermann Giliomee

historikus-hermann-giliomeeIn Hermann Giliomee se jongste boek verweef hy sy eie lewensverhaal met dié van die land en die mense wat hom fassineer.

Oor die boek

As uitgesproke kommentator wat voor en ná 1994 met die regering gebots het, een van die Dakargangers wat al in die 1980’s die ANC gaan ontmoet het asook wêreldkenner van die Afrikaners, is Giliomee ten nouste betrokke by ons land se geskiedenis – en hoe ons dit verstaan. Hier verweef hy sy eie lewensverhaal met dié van die land en die mense wat hom fassineer in leesbare, narratiewe vorm, vol staaltjies en onvertelde verhale.

Oor die skrywer

Hermann Buhr Giliomee is op 4 April 1938 op Sterkstroom in die Oos-Kaap gebore. Hy gaan skool op Porterville en studeer Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch.

Hy werk daarna by die departement van buitelandse sake en gee ook klas aan die Universiteit van Stellenbosch. Vanaf 1983 tot 1998 was hy professor in Politieke Studies aan die Universiteit van Kaapstad. Van 1995 tot 1997 was hy president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseaangeleenthede. Hy is tans ’n buitengewone professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch.

Giliomee is die skrywer van verskeie geskiedkundige en politieke publikasies. In 2003 verskyn The Afrikaners – Biography of a people en dit is ook in Amerika en Engeland uitgegee. ’n Jaar later verskyn Die Afrikaners: ’n Biografie. Hy ontvang in 2008 die Helgaard Steyn-prys vir letterkunde vir Die Afrikaners. In 2007 het Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika en New History of South Africa verskyn wat hy saam met die historikus Bernard Mbenga geskryf het. Giliomee is ook vanjaar aangewys as die eerste ontvanger van die Jan H. Marais-prys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal.

Uitgewer: Tafelberg Uitgewers
Koop die boek nou: Graffiti Boeke
Prys: R380-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.