Nuwe boek: Jagkonings

J von Moltke

“Die twee jagters het besluit om hulle in of naby die jagveld te vestig. Vir mens en dier was Ghanzi ’n baie gesonde plek, maar dit het een groot nadeel gehad: om van daar by die groot Tebraveld te kom, moes hulle etlike dae lank deur ’n moeilike stuk dorsland sukkel. In die somer was daar in die Tebraveld gewoonlik honderde panne vol reënwater, maar dan was die jagseisoen reeds verby – koors, perdesiekte en die tsetsevlieg het dan daardie groot wildparadys bewaak.”

Von Moltke skets met hierdie geliefde jagherinneringe die wêreld van die Afrikaanse beroepsjagter. Die baasvertellers Jan Labuschagne en Ou Daan Robbertse verwoord die geesdrif waarmee hierdie jagters die onbekende ingevaar het.
In hierdie geredigeerde weergawe word die eietydse skerpsinnigheid behou wat lesers sedert 1943 bekoor.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.