Nuwe boek: My hel in Dubai

Ilse Salzwedel

Selna Visser wou ‘n vreemdeling se horlosie, wat hy by X-straal skandeerder op Dubai se lughawe vergeet het, aan hom terugbesorg. Vir haar moeite het sy egter byna ‘n maand in aanhouding in hierdie Arabiese land deurgebring. Hier tel buitelanders min, en vroue nog minder – en sy was albei.

Die boek vertel egter nie net die verhaal van haar tyd agter tralies in die vreemde nie, maar ook van haar stryd teen kanker en die besluite daarna wat haar op daardie noodlotsdag in ‘n ver land laat beland het. Selna se verhaal is nie ‘n treurmare nie – dis eerder ‘n triomf wat wys hoe sterk die menslike gees kan wees, hoe geloof ‘n mens se lewe ten goede kan raak.

Ilse se vorige boeke:
Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee (2011)
Bloedsusters (2011).
Onvertelde Stories van Afrikaans (2012)

Oor die outeur:
Ilse Salzwedel is ‘n joernalis van Johannesburg, en spog onder meer met ‘n ATKVeertjie, ‘n PICA, drie Caxton-toekennings en die HB Thom-toekenning vir besonderse bydrae tot die Afrikaanse joernalistiek. Sy is ook die skrywer van twee ander nie-fiksie boeke: Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee (2011), en die baie gewilde Bloedsusters (2011), wat ook in Engels vertaal is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.