Nuwe boek: Skadu’s van gister

Marzanne Leroux-Van der Boon


Hierdie tweeluik, ‘n gesamentlike heruitgawe van Klaprose teen die wind en Soos honde van die hemel, bied ‘n boeiende dubbeldoor-leservaring.

Klaprose teen die wind is ‘n roman oor seksuele ambivalensie en die verskrikking van MIV/Vigs. Die tema word ewewigtig en indringend ontgin. Die leser kry insae in die leefwyse van die Nederlanders en word bekoor deur die vreemde. Dit is ‘n roman wat die verstand en die hart aanraak.

Soos honde van die hemel is ‘n waagsame, ondersoekende roman oor die onlangse verlede waarin die soeklig helder val op ‘n gemeenskap in ‘n oorgangstydperk  én op die individu. ‘n Aangrypende verkenning van verhoudings – tussen mens en mens, en tussen mens en God.

Oor die outeur:
Marzanne Leroux-Van der Boon is op 26 Desember 1940 in Somerset-Wes in die Wes-Kaap gebore. Sy matrikuleer in 1958 aan die Hoër Meisieskool op Worcester. Na skool behaal sy ‘n onderwysdiploma aan die Opleidingskollege op Oudtshoorn en studeer ook later aan Unisa. Sy gee tot 1993 Afrikaans by die Rudolph Steiner Waldorfskool in Constantia in Kaapstad. Sedertdien skryf en vertaal sy voltyds. In 1993 ontvang sy die FAK/Helpmekaarfonds-prys vir haar roman, Klaprose teen die wind.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R210-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.