Nuwe boek: Voetspore: Agulhas tot Alexandrië

Johan Badenhorst

Die ervare avonturier, televisiepersoonlikheid en -vervaardiger Johan Badenhorst en sy Voetsporespan vind voortdurend nuwe, unieke paaie en plekke in Afrika om te verken – met toenemende vernuf. Voetspore: Agulhas tot Alexandrië is ’n kleurvolle en hoogs interessante dokumentasie van hul sewende reis deur hierdie ongenaakbare dog asemrowende kontinent.

By Kaap Agulhas trek die sesledige Voetsporespan met 4×4’s weg vir ’n drie maande lange reis tot by Alexandrië. Dié onvergeetlike reis neem hulle deur Suid-Afrika, Lesotho, Mosambiek, Zambië, Tanzanië, Rwanda, Uganda, Kenia, Ethiopië, Soedan en Egipte.

Hierdie is Johan se dagboek waarin hy verslag doen van ’n reis van 20 000 km deur die ooste van Afrika. Dit is ’n plakboek propvol asemrowende foto’s deur Gideon du Preez Swart, kaarte en nuttige inligting vir beide die geslepe sowel as aspirantreisiger.

Oor die outeur:
Johan Badenhorst is ’n bekende televisiepersoonlikheid, programvervaardiger en ervare avonturier. Hy is die eienaar van KewTV Produksies en die leier van die Voetspore-span.

Uitgewer: Protea Boekhuis
prys: R220-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae